About Us

Founder image

Coffee + Dream
+ Community

The one thing we love more than a good cup of coffee, is people.

And what better way to connect with people than over a lovely cup of goodness! Coffee brings community. Our passion is speciality coffee, pouring our very best into every cup.

Our Story

Toro beteken bul in Spaans, en droom in Tswana.

Vanaf Toro se ontstaan is die doel om ’n platvorm te skep waar drome uitgeleef word sodat mense terug kan keer na verhoudings.

Toro is in 2015 in Potchefstroom begin as ’n tipe van ’n Deli wat op verskeie produklyne gefokus het. Vinnig het die koffiekultuur opgetel en is besef dat koffie die katalisator is om mense bymekaar te kry en verhouding te bou. Toro het in ’n koffiekroeg ontwikkel waarvan die gemeenskap deel is. Plaaslike verskaffers word gebruik vir soet- en southappies, “in-die-loop” eetgoed, asook ander produkte. Nóg meer het dit ’n plek geword waar mense saam kan kom, droom en groei tot ’n gesonde gemeenskap waar verhoudings saak maak.

Product image
Founder image

Our Passion

Ons passie is spesialiteitskoffie, produk ontwikkeling en alles wat daarmee gepaard gaan. Kwaliteit is sinoniem met wat ons doen. Sedert 2015 het Toro uitgebrei met:
’n leergoedere afdeling, gebore vanuit ’n gemeenskapsprojek waar vroue naaldwerkvaardighede geleer is, en nou in ’n volwaardige besigheid omskep is,

’n koffie rooster waar ons ons eie bone rooster en ’n unieke stempel tot ons koffie se smaak kan afdruk

’n 2de koffiekroeg in Potchefstroom (2019) waar ons ’n groter deel van die Potchefstroom gemeenskap kan saam kry

’n koffiekroeg in Bloemfontein (2020) waar ’n volgende gemeenskap bereik word!